Leef jou Reis met Gerrie Pretorius is jou gunsteling Afrikaanse reisprogram asook kykNET se eerste volwaardige Internasionale leefstyl program met die fokus op ander lande se kultuur.

Gerrie verken en wys ons die unieke reisbestemmings wat hom na aan die hart lê en hoe gemaak as jy dit ook wil besoek.  Die program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder 'n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai paaie vat, veral as dit met die 4x4 iewers in Afrika is.  Vanjaar wag daar weereens 'n klomp opwinding, van Thailand se reënwoude en die Amasone tot die mees  afgeleë eiland ter wêreld op jou!
 

Swaziland

"Die koningkryk van Swaziland kan jy maklik oor n langnaweek verken. Die klein landjie se hart is groot vir toerisme en bied sommer ‘n klomp aktiwiteite vir die reisiger. Dis ‘n land wat spog met ‘n rekord vir die bewaring van Renosters en het genoeg wild-reservate om te sorg vir ‘n lekker gesinsvakansie.  Ons kry ook 'n besonderse kyk in 'n kultuur en gewoontes wat vir jou en my dalk vreemd mag wees…

Skakel in vir 'n nuwe episode van Leef jou Reis, elke Maandag om 21:00. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!


Ons Borge