Leef jou Reis met Gerrie Pretorius is jou gunsteling Afrikaanse reisprogram asook kykNET se eerste volwaardige Internasionale leefstyl program met die fokus op ander lande se kultuur.

Gerrie verken en wys ons die unieke reisbestemmings wat hom na aan die hart lê en hoe gemaak as jy dit ook wil besoek.  Die program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder 'n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai paaie vat, veral as dit met die 4x4 iewers in Afrika is.  Vanjaar wag daar weereens 'n klomp opwinding, van ongelooflike natuur tonele in Ysland tot die woestyne van Jordanië asook 'n lekker klomp 4x4 bestemmings.


Splinternuwe tydgleuf Woensdae om 20:30 op kykNET kanaal 144 vanaf 11 April 2018!

23/05/2018 (Ep.7):  Jordanië

Vanaand stap ons in die voetspore van die ou en  die nuwe Testament as ons antieke plekke besoek soos berg Nebo in Jordanië waar Moses die beloofde land sou sien vir die eerste keer.  Ons besoek ook die Jordaan rivier waar Jesus gedoop is.  Ons leer ken die mense van Jordanië en besoek die Wadi Rum woestyn waar flieks soos Lawrence of Arabia afgespeel het.  Die verlore stad van Petra tans een van die nuwe wonders van die wêreld asook ‘n besoek aan die dooie see is maar van die program wat propvol hoogtepunte is.

 

Ons Borge