Biografie

Gerrie Pretorius is ‘n multi goud en platinum Suid-Afrikaanse sanger.  Hy het die voorreg gehad om op elke groot verhoog en fees in Suid-Afrika op te tree, met ook ‘n hele paar optredes oorsee.  Sy loopbaan het in 2001 begin met die groot sukses van sy eerste platinum opname “Annemarie”, wat opgevolg is deur treffers soos Adio Amore, 7 Sondes en die Stormers lied om maar net ‘n paar te noem.  Hy verdien ook ‘n ere-lisensiaat met sy jazz album “Swing” wat die keer weer opgevolg word deur die reuse sukses van sy Bles Bridges huldeblyk album. Hy het verskeie opnames en konserte gedoen met oorsese kunstenaars soos Dana Winner en Christoff van België en die immergewilde BZN van Nederland.  Hy behaal ook ‘n somertreffer in Nederland saam met Anny Schilder.

Gerrie het ook sy buiging verskeie kere op plaaslike televisie gemaak van sepies tot films soos “Ek lief Jou” met die bekende Belgiese regisseur Ate de Jong (Miami Vice & Drop Dead Fred) aan stuur van sake.  Kurt Darren, Ilse de Vries en Christina Storm verskyn ook in laasgenoemde.  Gerrie is ook bekend as Entrepreneur en Besigheidsman en is al vir baie lank in die Eiendomsbedryf as Ontwikkelaar.  

Hy is ‘n ervare avonturier en reisiger en verken gereeld verre Afrika in sy 4x4.  Gerrie is ook ‘n bekende gesig op televisie en is hy ook die aanbieder van die gewilde reisprogram “Leef jou Reis met Gerrie Pretorius".


Gerrie Pretorius is a multi gold and platinum South African recording artist.  He have performed all over the country and had the privilege of performing on all major stages and events, national and overseas.  His career started out in 2001 with the enormous success of his first platinum album “Annemarie” followed by other platinum hits like Adio Amore, 7 Sondes and the Stormers song to name but a few.  He was also awarded a honourable licence for his Jazz and big band album, called “Swing” that was followed up by another double platinum record where he paid tribute to Bles Bridges.  He worked and recorded with many overseas artists from Dana Winner and Christoff in Belgium to Anny Schilder from the famous Dutch band BZN.  

He made a few TV appearances in local soap operas and also in some movies like “Ek lief Jou” directed by Ate de Jong (Miami Vice & Drop Dead Fred), a well-known Belgium director.  The film also featured Kurt Darren, Ilse de Vries and Christina Storm.  He is also known as an Entrepreneur and Businessman and has been in the Property Industry for many years as a developer.

Gerrie is also a traveller and adventurer and has gone on many 4x4 Safari’s deep into the heart of Africa.  He is also a known TV personality and host of the very popular travel show "Leef jou Reis met Gerrie Pretorius". 


Bring Die Liefde Terug

Kry jou getekende cd teen slegs R100 posgeld uitgesluit. 

Gerrie Pretorius - Bring die liefde terug
 

Musiek en DVD's

Kontak 082 923 3626 / bookings@gerriepretorius.co.za