Nuusbrief – Julie 2022

BESTE “LEEF JOU REIS” VRIEND,

Groete vanaf die Passiespel in Oberammergau waar die Leef Jou Reis vriende ‘n ervaring van ’n leeftyd het! Ons het lank gewag hiervoor en is baie dankbaar om weer te kan reis. Inteendeel dis asof alles net weer so aangegaan het waar dit opgehou het en alles is terug na normaal. Dit is regtig n voorreg.

Ons hoop julle geniet tans die huidige reeks van Leef Jou Reis! As beurtkrag jou sake bemoeilik onthou jy kan ook saamkyk op “catch-up” en die reeks word oudergewoonte ook later op Kyknet&Kie en ShowMax uitgesaai.

Hiermee ook die skedule en herhalings van Leef Jou Reis:

Saterdag 19h30 | Sondag 14h00 | Maandag 13h00 | Dinsdag 10h00 | Vrydag 21h30 | Saterdag 12h30

Die navrae rakende die toere en die besprekings wat reeds gemaak is het alle verwagtinge oortref en as jy nog nie bespreek het vir ons kuier in Nederland tydens Tulpe tyd nie of vir die Bootvaart in Kroasië nie moet jy gou spring. Loer gerus na ons webwerf, www.gerriepretorius.co.za met meer inligting oor ons toere.

RUGBY IN FRANKRYK

Ons het ook puik sitplekke en kaartjies vir die Rugby in Frankryk en jy kan van die openingswedstryd (Nieu Seeland teen Frankryk) by ons bespreek tot die Bokke teen Ierland. Ons het selfs kaartjies vir die finaal.

LEES MEER OOR ONS LEKKER TOER

PLAASLIKE TOERE

Al ons gewilde plaaslike toere is ook terug en jy kan ook vroeg volgende jaar saam met Leef Jou Reis gaan kuier in Prins Albert wanneer ons die toer kombineer met die KKNK op Oudtshoorn.

Onthou ook om aan te sluit op ons Facebook blad, Leef Jou Reis Vriende asook op Twitter en Instagram. Vrydae tussen 16h30 en 17h00 kuier ek regstreeks uit die buiteland saam met Antowan Nöthling op Pretoria FM (104.2 FM). Dan gesels ons reissake en gee ek inligting deur oor waar in die wêreld ek my bevind.

HOE WERK ONS STELSEL?

Alle toere word op die webwerf gelaai www.gerriepretorius.co.za – jy kan alles daar direk aflaai en selfs aanlyn bespreek. Jy kan ook vir ons ‘n epos stuur na bookings@gerriepretorius.co.za. As ons dit op skrif het help dit my ook om af en toe in te loer en weet ons daar kan nie foute insluip nie. Epos is dus altyd beter.

Soms werk ’n WhatsApp beter, veral oor naweke. Nie te min skakel ons gerus by 082-923-3626.

Mag die mooi van reis ook jou lewe verander en mag jy binnekort kom ervaar wat dit beteken om te sê “ek leéf my reis”.

Groetnis
Gerrie

Deel gerus met ander: