Nuusbrief – September 2022

BESTE “LEEF JOU REIS” VRIEND,

Baie groete vanuit ʼn lekker warm Israel waar ons besig is met nog ʼn toer wat binnekort ook ʼn draai maak by die Passiespel in Oberammergau. Daar is die afgelope paar weke baie nuwe vriende & baie nuwe herinneringe gemaak en het die mooi van die Passiespel almal se verwagtinge keer op keer oortref. Ons hoop ook julle kyk nog volstoom voort na Leef Jou Reis op KykNET wat nou ook so oor die halfpad merk is met nog ʼn paar interessante programme wat voorlê.

Volgende jaar se toer besprekings het ook reeds alle verwagtinge oortref en raak die Leef Jou Reis familie net groter en geselliger soos meer mense kom saam toer. Op elke toer is daar nou al vriende wat sommer al 5 of meer toere saam met ons kom beleef het en dit is voorwaar seker die grootste kompliment. Ons hoop ook jy kom “Leef Jou Reis” binnekort saam met ons.

PLAASLIKE TOERE

Karoo & KKNK

Ons vier ook die maand ons plaaslike toere en wil jou uitnooi om die reis na Prins-Albert en die Karoo wat saamval met die KKNK op Oudtshoorn saam met ons te kom geniet. Ons kuier oor UNESCO berge en op plase en saam met die mense van die Karoo. Ons glo die toer gaan eén van ons gewildstes wees en dat die bonus van die kunstefees daarmee saam verseker jou verwagtinge gaan oortref. Indien jy meer wil uitvind besoek gerus die webwerf of skakel ons gerus.

LEES MEER OOR ONS KAROO TOER

Otter Staproete

Ons het ook nog enkele plekke beskikbaar vir die gewilde Otter staproete vir die met n bietjie waagmoed en die lus om Suid-Afrika se mees ikoniese staproete aan te durf. Die natuurskoon en watervalle sal jou vir altyd bybly en sal jy een van ʼn uitgesoekte klompie avontuurlustiges wees wat die 5 dag staptoer voltooi het!

LEES MEER OOR DIE OTTER STAPROETE

Namakwaland

Maak ook seker jy bespreek vroegtydig vir ons toer deur die Weskus, die Sederberge en Namakwaland tydens blommetyd. Die mense wat al saam getoer het in die verlede weet dat alhoewel ons die mooiste blomme gaan opsoek die toer vir die fynproewer is want daar is soveel hoogtepunte tydens die gewilde reis dat die blomme later amper bloot ʼn bonus is.

LEES MEER OOR DIE NAMAKWALAND TOER

WYNAND DU PLESSIS & VENNOTE PROKUREURS

By Leef Jou Reis is ons ook trots om verbind te word met Wynand du Plessis & Vennote Prokureurs wat al die kontrakte en lugredery se fynskrif namens ons nagaan om vir jou meer gemoedsrus te gee. Daarmee saam het ons ook deesdae ʼn alles-omvattende versekering bekom wat kliënte dek teen onvoorsiene gebeurlikhede en kansellasies.

Indien jy enige regsadvies nodig het of dalk gratis hulp benodig met jou Testament het hulle onderneem om jou ons Leef Jou Reis vriende daarmee te help. Kyk gerus die video want net dalk is daar iets waarmee hulle vir jou kan help. Dalk nie vandag nie maar eendag. Namens Leef Jou Reis sê ons vir hulle baie dankie vir die bystand sowel as die kere wat hulle agter die skerms werk om vir ons gaste die beste ervaring en moeitelose reise te help verseker.

Kyk en deel gerus die video en gaan maak ʼn draai op hulle Facebook blad en noem daar dat jy ʼn Leef Jou Reis vriend is vir jou gratis regshulp met betrekking tot jou Testament.

VERWELKOMING

Ons verwelkom ook vir Chris Botha by ons administrasie. Tesame met die res van ons span gaan hy seker maak om vir jou die beste diens en bystand te gee.

GROEPTOERE

By Leef Jou Reis spesialiseer ons in groeptoere en het verskeie skole, klubs sowel as korporatiewe instansies ons genader om hulle droom reise te help verwesenlik en wil ons jou uitnooi om na ons uit te reik sou jy ʼn spesiale behoefte hê. Ons oorweeg dit graag, alternatiewelik sit ons jou op die regte pad en in verbinding met die regte mense.

RUGBY IN FRANKRYK

Ten slotte die bokke sorg vir naelbyt oomblikke en onthou om jou Rugby in Frankryk pakket vir die finaal by ons te kry sowel as van die ander wedstryde soos Suid-Afrika teen Ierland of die openingswedstryd. Loer gerus op die webwerf vir wat beskikbaar is en kom ons gaan ondersteun die groen en goud!

LEES MEER OOR DIE RUGBY IN FRANKRYK TOERE

Onthou ook om aan te sluit op ons Facebook blad, Leef Jou Reis Vriende asook op Twitter en Instagram. Vrydae tussen 16h30 en 17h00 kuier ek regstreeks uit die buiteland saam met Antowan Nöthling op Pretoria FM (104.2 FM). Dan gesels ons reissake en gee ek inligting deur oor waar in die wêreld ek my bevind.

Vanaf almal by Leef Jou Reis stuur ons vir jou baie groete en is ons opgewonde oor die lente wat om die draai is. Mag dit met ieder en elk goed gaan en mag die mooi en die wonder van reis jou nooit verveel nie en onthou “eet jou rys” maar “Leéf jou Reis…”

Speel hom weer!
Groetnis
Gerrie

HOE WERK ONS STELSEL?

Alle toere word op die webwerf gelaai www.gerriepretorius.co.za – jy kan alles daar direk aflaai en selfs aanlyn bespreek. Jy kan ook vir ons ‘n epos stuur na bookings@gerriepretorius.co.za. As ons dit op skrif het help dit my ook om af en toe in te loer en weet ons daar kan nie foute insluip nie. Epos is dus altyd beter.

Soms werk ’n WhatsApp beter, veral oor naweke. Nie te min skakel ons gerus by 082-923-3626.

Deel gerus met ander: