LEEF JOU REIS KYKERS KOMPETISIE

Wen met Leef Jou Reis!

Vanjaar wil Leef Jou Reis weer ‘n gelukkige kyker en metgesel se lewe verander, boonop kort ons almal nou n lekker vakansie…

Maak dus seker jy, jou hele gesin en al jou vriende skryf in. Een gelukkige kyker wen ‘n kuier in Frankryk met jou vlugte ingesluit. Jy gaan saam met “Le Boat” die kaptein van jou eie huisboot wees as jy salig deur “Canal du Midi” vaar tussen die ou dorpies en wingerde van die suide van Frankryk.

Die luukse Huisboot die Zambesi Queen wag ook op jou en ‘n metgesel en gaan julle hierdie luukse boot op die Chobe Rivier ontsaglik baie geniet terwyl julle omring word deur die Groot 5 – jou droom “Afrika Safari” is nou ‘n werklikheid.

Liqui Moly hou van spoed en kry jy die eksklusiewe geleentheid om agter ‘n Ferrari-renmotor in te skuif en jou vernuf te toets. As jy ooit sou wonder hoe voel dit om ‘n renjaer te wees gaan jy die prys sommer baie geniet.

Kom, ons wag vir jou…

STAP 1:

Kyk bloot Leef jou reis en registreer op die nuusbrief. Jy word dan outomaties ingeskryf en hoef jy geen ander vrae te beantwoord nie. 

STAP 2:

Lees die kompetisie terme en voorwaardes voordat jy inskryf vir die kompetisie.

STAP 3:

Skryf in en staan n kans om die jaar se  Leef jou Reis met Gerrie Pretorius kompetisie te wen. 

INSKRYWINGSTYDPERK:

4 Julie 2020 19h30 – 31 Desember 2020 21h00. *Die wenner word Maandagaand 4 Januarie om 20h00 bekend gemaak. 

ANDER REËLS:

Die kompetisie en reistydperk sal ter alle tye onderhewig wees aan enige gevolge en regulasies wat direk en indirek verband hou met die Covid_19 pandemie.

Wat is op die spel?

Wen die Leef jou reis bakkie vir n maand lank met die komplimente van Action Ford.

Prys sluit in: n bootvaart in die suide van Frankryk op die gewilde Canal du Midi saam met La Boat met vlugte ingesluit.

*REISPERIODE UITGESLUIT: 20 JUNIE 2021 -20 SEPTEMBER 2021

Twee nagte aanboord die luukse Zambesi Queen op die Chobe rivier.

*BELANGRIK: DIE PRYS IS GELDIG VANAF 4 JANUARIE - 4 APRIL 2021 EN ONDERHEWIG AAN BESKIKBAARHEID.

Liqui Moly bederf jou met n Ferrari bestuurservaring op n renbaan!