MOOLMANSHOEK
Toer saam met gerrie
As jy lus voel vir skoon vars lug , die Witteberge teen die agtergrond en van die mooiste dele van die Oos-Vrystaat gaan jy hierdie kort wegbreek kuier sommer baie geniet! Ons gaan maak selfs n draai op Clarens en gaan jy een van Suid-Afrika se grootste werkende treinmuseums besoek…wie weet dalk wag daar n treinrit ook op jou! Jy gaan n perdeskouspel soos min beleef en word daar konsert gehou op Rosendal. Hierdie is n toer om weer so bietjie naby die natuur te kom , die ou Sandsteen geboue te beleef en sommer net asem te skep op een van die mooiste plase van ons land…geen wonder hulle staan bekend as “little Serengeti” nie.
Toer
10 - 13 September 2020
Prys
R11 000* p/p wat deel
Durasie van Toer
4 Dae