OBERAMMERGAU TOERE

reis saam met gerrie

toer 1 & 2: uitverkoop

IM201 Leef Jou Reis Banner Oberammergau 4

Die Passiespele in Oberammergau is die wereld se oudste toneelstuk wat slegs elke 10 jaar plaasvind! Dis n eens in n leeftyd gebeurtenis & ons wil jou graag saamvat. Dis n kuier waar jy ook in die voetspore van die Bybel deur Israel kan stap of die wonders van Turkye ervaar tesame met die jaarlikse Oktoberfest In Munchen Duitsland.

Vir meer inligting, laai gerus die toere se brosjure af en stuur vir ons n boodskap met jou besprekingsvorm aangeheg:

Toer #1: Uitverkoop

8 - 19 September 2020

Eers loop ons in die spore van Jesus en verfris ons geheuens van sy lewensverhaal. Daarna vertrek ons na die prentjiemooi Alpse dorp Oberammergau, in Beiere, om die ongelooflike Passiespele by te woon. Tussendeur, oornag ons ook vir ‘n aand in München, hoofstad van Beiere en besigtig ‘n paar besienswaardighede.

Toer #2: Uitverkoop

18 - 27 September 2020

Vir hierdie unieke en diverse toer – gee dit jou die heel beste van drie heel verskillende ervarings – insluitende twee moet-doen gebeurtenisse, een roerend en die ander jollig! Jy sal nie weer die kans kry om beide in een toer te beleef nie, nl. die Passiespele in Oberammergau, asook die Oktoberfest in München!