4×4 Namibië

2025-TOER IS UITVERKOOP

Toer deur die oudste woestyn ter wêreld: die Namib!

Die massiewe duine van hierdie ongerepte wildernis is tot 300 meter hoog, om jou 4×4-vernuf tot die uiterste te beproef. Ons reis neem ons deur vergete spookdorpe diep weggesteek in die woestyn waar alles oornag net so agtergelaat is. Die sogenaamde Sperrgebiet het al baie slagoffers geëis weens die ongenaakbare woestyntoestande en eensame afgesonderdheid ver weg van die samelewing.

Later maak die duine oop teen die see en ons ry kuslangs verby skeepswrakke vanuit ‘n vergete era.

Met spesiale permitte gaan ons ernstig 4×4 ry deur plekke wat slegs vir uitverkore avonturiers bestem is, en jy gaan selfs die geleentheid kry om ‘n knewel van ‘n kabeljou of galjoen uit die see te trek. Pak jou 4×4 en kom reis saam met ons vanaf Aus met sy woestynperde, deur die duine van die Namibwoestyn, na Walvisbaai op een van die grootste avonture van jou lewe. Daar wag 600 kilometer se pure duineplesier…

Prys
R 22 850.00* Per Persoon
Toer
21 - 27 Februarie 2025
English Brochureafrikaans brosjure
Durasie van Toer
7 Dae

Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!

Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour.  The team will be always be available 24/7 for assistance.   As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity,  it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!   

Vir meer inligting, laai gerus die toer se brosjure af en stuur vir ons n boodskap met jou besprekingsvorm aangeheg:

Toer Contact

"*" indicates required fields