Reis saam met Gerrie

Leef jou Reis met Gerrie Pretorius is jou gunsteling Afrikaanse reisprogram asook kykNET se eerste volwaardige Internasionale leefstyl program met die fokus op ander lande se kultuur.

Gerrie verken en wys ons die unieke reisbestemmings wat hom na aan die hart lê en hoe gemaak as jy dit ook wil besoek. Die program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder ‘n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai paaie vat, veral as dit met die 4×4 iewers in Afrika is.

Vanjaar wag daar oudergewoonte n klomp 4×4 avontuur van die Cederberge tot diep in die Namib woestyn! Ons stap in die voetspore van die Bybel deur Israel en ervaar die heilige land soos nog nooit tevore! Ons wys jou ook alles wat jy moet weet oor die Passiespele in Oberammergau, Duitsland.  Daar is n eiland kuier in Kroatië & maak ons selfs n draai in Rusland om vodka te proe. Met die trein besoek ons die berugte slagvelde van Natal. 

Kanaal 144

Kanaal 145

Kanaal 146

Leef jou Reis met Gerrie Pretorius Borge:

26-5
JUL-AUG
Namibië Toer #1
LEES MEER
9-19
AUG
Namibië Toer #2
LEES MEER
3-8
SEPT
Transkaroo
LEES MEER

VIDEOS & EPISODES