Tulpe met ‘n “Twist”
'n Onvergeetlike reis deur die hart van Europa
Van die rustige skoonheid van Switserland en kulinêre avonture in Frankryk tot die hartlikheid van België en verbysterende oorvloed van Nederland beloof hierdie toer om al jou sintuie én nuuskierigheid te prikkel. Besoek bestemmings soos Luzern, Dijon, Parys, Brugge, Gent en Amsterdam waar die onderskeie smake, geure, klanke, uitsigte en tasbare ouwêreldse sjarme jou sal oorrompel. Besienswaardighede word telkens afgewissel met disse en drankies eie aan elke land – maak dus seker jy kom met ‘n gesonde aptyt! Die hoogtepunt van ons toer is natuurlik die sogenaamde Tuin van Europa, oftewel Keukenhof in Nederland, waar ons een kleurvolle tulppalet ná die ander besigtig.
Join us on an unforgettable journey through the heart of Europe, where each day unfolds with new adventures and discoveries! From basking in the breathtaking beauty of Lucerne to indulging in the culinary treasures of Dijon and Paris, this tour promises an enchanting exploration of culture and gastronomy. The vibrant colors of the tulips of Keukenhof await you, and you’ll discover the iconic canals of Amsterdam. Indulge in the chocolaty delights of Bruges and experience the medieval charm of Ghent. From exploring vibrant local markets and the timeless allure of Paris, let the wonders of Europe unfold before you as you embark on this adventure of a lifetime with Leef Jou Reis!
Prys
€4810 Per persoon in enkelkamer*
Durasie van Toer
Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!
Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour. The team will be always be available 24/7 for assistance. As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity, it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!
Toer Contact
"*" indicates required fields