Die Groot Migrasie – Serengeti & Verder
’n Avontuur vol asemrowende uitsigte, ikoniese natuurwonders en onvergeetlike ontmoetings met die Groot Migrasie.
Hier begin jou avontuur na een van Afrika se mees asemrowende natuurwonders — die Groot Migrasie deur die Serengeti en verder — waar jy die hartklop van Afrika onder jou voete kan voel en van die mees buitengewone natuurervarings op aarde gaan beleef.
Reis oor die uitgestrekte vlaktes van die Serengeti tot binne die ikoniese Ngorongoro-krater, waar reuse-kuddes wildebeeste, sebras en ander wild met die seisoene saam beweeg in ’n merkwaardige vertoning van moedernatuur in haar mees ongetemde vorm. Van die groen hooglande van Karatu tot by die uitgestrekte savanne, ervaar jy onvergeetlike uitsigte en stille oomblikke wat net die Afrika-bosveld kan bied. Of jy nou ’n fotograaf, ’n natuurliefhebber of eenvoudig nuuskierig oor die wêreld is, die Groot Migrasie is iets wat jy ten minste een keer in jou lewe moet beleef.
Embark on an extraordinary adventure to one of Africa’s most breathtaking natural wonders — the Great Migration through the Serengeti and beyond.
Here, you will feel the heartbeat of Africa beneath your feet and experience some of the most awe-inspiring wildlife spectacles on earth.
Travel across the sweeping plains of the Serengeti to the iconic Ngorongoro Crater, where vast herds of wildebeest, zebra and other game move in harmony with the seasons — a remarkable display of nature in its purest, most untamed form. From the lush highlands of Karatu to the open savannah, you will encounter unforgettable vistas and quiet moments that only the African wilderness can provide.
Whether you are a photographer, a nature enthusiast, or a traveller in search of wonder, witnessing the Great Migration is a once-in-a-lifetime experience.
Prys
$4,295.00 Per enkel persoon*
Tydsduur van Toer
Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!
Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour. The team will be always be available 24/7 for assistance. As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity, it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!
Toer Contact
"*" indicates required fields










