Bootreis deur Kroasië

2026-TOERE IS UITVERKOOP

'n Onvergeetlike bootreis deur Kroasië

Kroasië staan in die volksmond bekend as die land van die Duisend Eilande en behalwe vir die feit dat Dalmasiese honde hul oorsprong in hierdie eeue-oue land het, is dit ook bekend vir sy uiteenlopende natuurlandskappe en fassinerende kulturele erfenis. Die heel beste manier om hierdie merkwaardige land te verken en te waardeer is natuurlik aan boord ʼn luukse passasierskip wat deur die blougroen water van die Adriatiese See seil. Hierdie opwindende skeepsvaart neem ons van die vissersdorpie, Slano en die soutmere van Mljet tot die asemrowende uitsigte van Makarska en die lewendige atmosfeer van Split. Ons besoek ook die unieke eilande Hvar (laventelwêreld) en Korčula (wynwêreld) voor ons op ʼn hoogtepunt eindig in die filmiese Dubrovnik – ook bekend as die Pêrel van die Adriatiese See.

An unforgettable boat cruise through Croatia

Croatia is popularly known as the Land of a Thousand Islands, and aside from the fact that Dalmatian dogs originate from this centuries-old country, it is also renowned for its diverse natural landscapes and fascinating cultural heritage. The very best way to explore and appreciate this remarkable country is, of course, aboard a luxury passenger ship sailing through the turquoise waters of the Adriatic Sea. This exciting cruise takes us from the fishing village of Slano and the salt lakes of Mljet to the breathtaking views of Makarska and the lively atmosphere of Split. We also visit the unique islands of Hvar (the lavender world) and Korčula (the wine world) before ending on a high note in cinematic Dubrovnik – also known as the Pearl of the Adriatic Sea.

Prys
€2300 Per persoon wat ‘n enkelbed-/dubbelbedkajuit deel*

€3150 Per persoon in ‘n enkelkajuit*
Tydsduur van Toer
10 Dae
Toer 1
03 – 12 Julie 2026
UITVERKOOP
Toer 2
10 – 19 Julie 2026
UITVERKOOP
English BrochureAfrikaans Brosjure

Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!

Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour.  The team will be always be available 24/7 for assistance.   As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity,  it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!   

Laai gerus die toerbrosjure af vir meer inligting, en stuur vir ons ’n boodskap met jou besprekingsvorm aangeheg:

Toer Contact

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2027

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2027 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2027 Toer Navraag

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2026

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2026 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2026 Toer Navraag

"*" indicates required fields