Namibië
Berei jou voor vir ’n heerlike tyd in Namibië!
Pak lekker lig vir een van die mees opwindende toere op die Leef Jou Reis-kalender waartydens ons een ná die ander hoogtepunte van Namibië beleef. Ons reis vanaf die bedrywige hoofstad, Windhoek, na die panne van die “groot wit plek”, Etosha Nasionale Park. Daarna besoek ons die bekoorlike Duitse dorpie Swakopmund en die hawestad Walvisbaai aan die Atlantiese Oseaan. Van die see beweeg ons die binneland in met besoeke aan die Namib-Naukluft Park, Sossusvlei en Dooievlei. Terug aan die kus verken ons Lüderitz en die sandbedekte spookdorp Kolmanskop, voordat ons deur uitgestrekte woestynlandskappe en bergpasse terugkeer na Windhoek — waar ons onvergeetlike Namibië-toer tot ’n einde kom.
Prys
Enkel kamers slegs beskikbaar op aanvraag*
Tydsduur van Toer
Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!
Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour. The team will be always be available 24/7 for assistance. As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity, it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!
Toer Contact
"*" indicates required fields










