2027 - Rugby in Australië
Daar is oomblikke in sport wat jy nie op ’n skerm kan vasvang nie — jy moet die dreuning van die skare in jou borskas voel.
In 2027 sak die wêreld se bestes op Australië toe vir die grootste sportgebeurtenis van die dekade. Dit is hier waar die Groen en Goud sy krag gaan ontketen om die ondenkbare te vermag: om die Webb Ellis-trofee vir ‘n vyfde keer Mzanzi toe te bring – ‘n prestasie wat geen ander land op aarde nog kon regkry nie.
Leef Jou Reis het oudergewoonte seker gemaak dat jy nie net daarvan sal lees nie – maar wel langs die kantlyn staan wanneer die Springbokke die wêreld se top spanne pak vir 80 minute van pure adrenalien.
There are moments in sport you can’t capture on a screen — you have to feel the roar of the crowd in your chest.
In 2027 the world’s best will descend on Australia for the biggest sporting event of the decade. This is where the Green and Gold will unleash its strength in pursuit of the impossible: bringing the Webb Ellis trophy home to Mzanzi for a fifth time—a feat no other nation on earth has ever achieved.
Leef Jou Reis makes sure you won’t just read about it—you will be standing on the sideline when the Bok machine takes on the world’s top teams for 80 minutes of pure adrenaline.
Pakket 1:
Die Uitklop-Kragmeting
Wees daar wanneer die koring van die kaf geskei word. Hierdie pakket vang die rou senuwees van die kwarteindrondte vas waar elke sekonde tel.
Kwarteindrondte 1 & Kwarteindrondte 4
28 Oktober – 01 November 2027
R69 900 Per persoon wat deel*
R88 900 Per persoon in ‘n enkelkamer*
Pakket 2:
Die Semifinaal-Stryd
Kyk hoe die wêreld se top vier spanne alles in die stryd werp vir ’n plek in die groot finaal. Twee harde wedstryde van pure intensiteit waar net die taaistes staande bly.
Semifinaal 1 & Semifinaal 2
03 November – 07 November 2027
R79 900 Per persoon wat deel*
R98 900 Per persoon in ‘n enkelkamer*
Pakket 3:
Die Finale Glorie
Die hoogtepunt van vier jaar se voorbereiding. Staan skouer aan skouer met die wêreld se grootste rugby-ondersteuners wanneer die kampioene gekroon word. Go Bokke!
Bronsfinaal & Finaal
10 November – 14 November 2027
R84 700 Per persoon wat deel*
R103 600 Per persoon in ‘n enkelkamer*
Pakket 4:
Die Premium Pakket
Die volledige rugby-bederf. Hierdie pakket is vir die fanatiese ondersteuner wat deel van die aksie wil wees tot die bitter einde – van die semifinale tot die laaste fluitjie van die kampioenskap blaas.
Semifinaal 1, Semifinaal 2, Bronsfinaal en Finaal
03 – 07 November 2027 en
10 – 14 November 2027
R163 200 Per persoon wat deel*
R199 800 Per persoon in ‘n enkelkamer*
Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!
Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour. The team will be always be available 24/7 for assistance. As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity, it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!
Toer Contact
"*" indicates required fields








