2027 – Die Geheime van Transilvanië
Wanneer die son oor die misbedekte berge van Transilvanië sak, ontvou ’n wêreld van geskiedenis, skoonheid en legende.
In hierdie fassinerende streek van Roemenië wag daar ’n onvergeetlike reis op jou — een wat jou neem van die ikoniese Bran Kasteel en die bekoorlike strate van Brașov tot by ’n privaat orrelkonsert in die Swartkerk, die indrukwekkende Turda Soutmyn, die koninklike prag van Peleș Kasteel en die historiese sjarme van Biertan.
In Boekarest bereik hierdie buitengewone avontuur sy hoogtepunt met ’n aandete by die beroemde Caru’ cu Bere en ’n besoek aan die indrukwekkende Parlementspaleis. Kom saam met Leef Jou Reis en ontdek die geheime, die bekoring en die onvergeetlike magie van Transilvanië.
When the sun sets behind Transylvania’s mist covered mountains, a world of history, beauty, and legend awakens.
In this captivating region of Romania, an unforgettable adventure awaits — one that takes you from the iconic Bran Castle and the charming streets of Brașov to a private organ concert in the Black Church, the impressive Turda Salt Mine, the royal elegance of Peleș Castle, and the historic magic of Biertan.
Your journey reaches its grand finale in Bucharest with dinner at the famous Caru’ cu Bere and a visit to the awe inspiring Palace of Parliament. Join Leef Jou Reis as we uncover the secrets, charm, and unforgettable magic of Transylvania.
Prys
R49 950 per enkelpersoon*
Tydsduur van Toer
Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!
Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour. The team will be always be available 24/7 for assistance. As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity, it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!
Toer Contact
"*" indicates required fields










