2027 – Somer in Skandinawië

Velkommen til Skandinawië! Welkom in Skandinawië!

Daar is min plekke in die wêreld waar die somer só gevier word soos in Skandinawië. Dit is die tyd van die middernagson, die tyd wanneer die buitelewe die middelpunt van die dag word en parke, hawekafees en waterfronte van vroeg tot laat met mense gevul is.

Dit is ook die tyd wanneer die natuur op haar mooiste is en die landskap die grootste indruk laat. Water is oral. Dit vloei deur die stede, sny diep spore tussen berge, stort oor kranse en weerspieël die lig van die lang somersdae. Van die kanale van Kopenhagen tot die fjorde van Noorweë en die eilande van Stockholm vertel water die verhaal van Skandinawië.

Reis saam met Leef Jou Reis deur Denemarke, Noorweë en Swede – drie lande met hul eie identiteit, maar verbind deur ‘n gedeelde liefde vir die natuur, ontwerp en geskiedenis. Dit is ‘n reis wat stadig ontvou – een uitsig, een stad en een onvergeetlike ervaring op ‘n slag.

“Velkommen til Skandinavien” - Welcome to Scandinavia

Scandinavia in Summer will stop you in your tracks !. This is the season of the legendary midnight sun — where the sun barely sets and the sky glows in the most extraordinary shades of amber and rose . The cities come alive with open-air festivals, bustling harbour-side cafés and locals who radiate the same warmth as the endless summer days around them. Now is when nature is at its most spectacular — waterfalls are full and thundering, meadows are lush and green, and the fjords shimmer in a way that simply must be seen to be believed. Join us at Leef Jou Reis as we take you on an extraordinary journey through some of the most spectacular scenery on earth. Scandinavia is waiting, and it promises to stay with you long after you have left.

Prys
€4 490 Per persoon wat deel*

€5 790 Per enkel persoon*
Tydsduur van Toer
12 Dae
28 Junie – 09 Julie 2027
English BrochureAfrikaans Brosjure

Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!

Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour.  The team will be always be available 24/7 for assistance.   As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity,  it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!   

Laai gerus die toerbrosjure af vir meer inligting, en stuur vir ons ’n boodskap met jou besprekingsvorm aangeheg:
verkort die besprekingsproses? bespreek gerus aanlyn

Toer Contact

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2027

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2027 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2027 Toer Navraag

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2026

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2026 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2026 Toer Navraag

"*" indicates required fields