Opens in a new tab

2027 – Tydlose Turkye

Daar is plekke waar geskiedenis nie net in museums bewaar word nie, maar deel van die landskap en die alledaagse lewe is. Turkye is een van hulle — ’n bestemming gevul met kleur, kultuur, kruie en kebabs.

Hier reis ons van die vreemde rotsformasies, feetjietorings en ondergrondse stede van Kappadosië na die warmbronne en katoenkastele van Pamukkale en die ruïnes van antieke Hiërapolis. Ons stap in die voetspore van die antieke Syroete, ontdek plekke waar vroeë Christene hul geloof uitgeleef het en ervaar die rustiger ritme van die Mediterreense kus in Fethiye.

En dan is daar Istanboel – die stad met een voet in Asië en die ander in Europa. ’n Stad waar moskees, basaars, paleise en eeue se geskiedenis saamvloei in ’n daaglikse ritme wat net hier bestaan; waar die Bosporus soos ’n silwer draad tussen wêrelde lê en elke straat ’n nuwe laag van die stad se karakter onthul.

Maar soos met enige Leef Jou Reis toer, gaan dit nie net oor die plekke wat ons besoek nie. Dit gaan oor die mense wat ons ontmoet, die kos wat ons saam om ’n tafel geniet, die ervarings wat ons langs die pad deel en daardie oomblikke wat jy nie noodwendig op ’n reisplan kan neerskryf nie.

Where ancient civilisations, dramatic landscapes and vibrant traditions come together, Turkey reveals a journey filled with unforgettable contrasts and timeless discoveries.

From the surreal landscapes of Cappadocia, where an otherworldly terrain of fairy chimneys rises from the earth and ancient cave dwellings reveal stories of centuries past, to the sun-drenched shores of the Mediterranean where dramatic mountains meet sparkling seas, Turkey unfolds in a series of unforgettable experiences.

Ancient cities, sacred sites and timeless traditions reveal the many layers of history that have shaped this remarkable country. From the early Christian heritage preserved in Cappadocia and the ancient cities of Asia Minor, including Ephesus where the Apostle Paul once preached, to the Roman treasures of Hierapolis and the enduring traditions of Turkey’s diverse cultures, every region offers a glimpse into the stories of those who came before.

In Istanbul, the journey culminates in a city where continents meet and cultures intertwine — magnificent mosques, historic streets, bustling bazaars and the legendary Bosphorus reflecting the rich heritage of a place shaped by both East and West.

Prys
EUR 2 800 per persoon wat deel*

EUR 3 400 per persoon in enkelpersoon*
Tydsduur van Toer
11 Dae
28 Augustus – 07 September 2027
Afrikaans BrosjureEnglish Brochure

Neem asseblief kennis dat hierdie Leef Jou Reis-toer begelei word deur ʼn uiters bekwame en kundige span. Daar is te alle tye ʼn Leef Jou Reis-spanlid wat gereed staan om enige bystand te verleen. Vanweë Leef Jou Reis se volgepakte jaarprogram, is dit helaas nie moontlik vir Gerrie om persoonlik by alle toere teenwoordig te wees nie. Hoewel sy teenwoordigheid dus nie gewaarborg kan word nie, kan jou gerief en genot wel deur ons geesdriftige toerleiers gewaarborg word!

Please note that you will be led and assisted by a well-equipped and experienced team of Leef Jou Reis Tour specialists throughout the tour.  The team will be always be available 24/7 for assistance.   As the Leef Jou Reis year planner is filled to capacity,  it might not always be possible for Gerrie to personally accompany the group on all tours nor for him to be present during the full duration of the tour. Though his attendance could not be guaranteed, we can however guarantee the peace of mind of passionate Leef Jou Reis tour leaders that would ensure your comfort and enjoyment!   

Laai gerus die toerbrosjure af vir meer inligting, en stuur vir ons ’n boodskap met jou besprekingsvorm aangeheg:
verkort die besprekingsproses? bespreek gerus aanlyn

Toer Contact

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2027

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2027 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2027 Toer Navraag

"*" indicates required fields

Kom toer saam in 2026

Wees die eerste om meer oor ons opwindende toere in 2026 uit te vind! Ons is besig om pryse en datums vas te stel en sal meer inligting binnekort beskikbaar stel. Voltooi die vorm hieronder, en ons sal jou op hoogte hou.

2026 Toer Navraag

"*" indicates required fields